longacres newsletter header

30 April 2021

ORATORS
Ons wil graag die volgende leerders gelukwens met hulle orators uitslae. Besigtig asseblief ons Facebook blad en webtuiste vir meer foto’s.

langebaan private school orators
Graad 1:
1ste Sofia Alexander
2de Merchronique Odendaal
Graad 2:
1ste Samantha Steyn
2de Hailey Wroth
3de Layla Maans
Graad 3:
1ste Jonty Redmond
2de Michaela Stark
3de Mia Rautenbach
Graad 4:
1ste Noèlle Siebritz
2de Jorja McAllister
Graad 5:
1ste Devandrè Paulo
Graad 6:
1ste Leanka Combrinck
2de Ra'eesha Vercuiel
Graad 11:
1ste Triston Jones
2de William Vorster



RUGBY KLINIEK

rugby clinic

 



SPORT
Onthou dat elke leerder aan 'n winter- en somersport moet deelneem.

RUGBY EN NETBAL
Dinsdag en Donderdag
Graad 1-3
13:15 -14: 15

Maandag & Donderdag:
Graad 8-11 Leerders
Netbal 14:15 - 15:15
Rugby 14:15 - 15:15

Dinsdag en Donderdag:
o / 10 - o / 13 Netbal
14:15 - 15:15
o/11 - o / 13 Rugby 14:15 - 15:15

HOKKIE
Maandag and Woensdag:
Graad 1-3
13:15 -14: 15

Maandag:
Graad 4 - 7 14:15 – 15:15



SOSIALE KOMITEE
Trek aan soos die eerste letter van jou naam op 30 April 2021. Wees kreatief en trek aan. Jy kan enige iets aantrek solank dit met die eerste letter van jou naam begin.



AFSPRAKE
 

Stel ons asb ten minste ‘n dag vooraf in kennis as u, u kind na 'n doktersafspraak of vergadering moet neem. Stuur 'n e-pos aan This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. sodat ons dit kan goedkeur, aangesien die opvoeders moet weet wie afwesig is sodat ons u in kennis kan stel of daar 'n probleem gaan wees as gevolg van assesserings ens.



SPORT HEMDE
Ons het nuwe sport T-Hemde gekoop wat die leerders saam met hulle LO-klere kan dra. Die hemde is by die kantoor beskikbaar.



KLEREBANK
Die klerebank sal alleenlik oop wees, wanneer daar ‘n afspraak gemaak word op Woensdae tussen 13h00 en 14h30. Kontak die kantoor by 022 7720302 vir ‘n afspraak.



GRAAD 3 KLEREBANK
Ons is baie opgewonde om aan te kondig dat ons die eerste graad 3 kamp by ons skool, op die 14 de en 15 de Mei, gaan aanbied. Dit sal by Seeskulpie plaasvind en die kostes beloop R150 per leerder. Daar is ongelukkig net plek vir 15 leerders. Ons wil die leerders aanmoedig om so gou as moontlik ‘n brief by die kantoor te gaan afhaal om enige teleurstelling te voorkom.



SKAAK
Die skool se skaakspan sal op Maandae van 14:15 tot 15:15 in juffrou Beverley Brill se klas oefen. Alle leerders wat graag skaak vir die skool wil speel, moet asseblief na Juffrou Brill toe gaan sodat sy julle van die oefentye kan inlig. Alle ouers wat graag privaat skaaklesse wil ontvang moet ook met juffrou Brill kontak maak sodat sy julle van die tye en prosedures kan inlig.



SNOEPIE
Vrydag bederfie is meringue lollipops, en Pizzas teen R10,00 elk. Plaas bestellings voor Donderdag 14:00 by Erika op 072 010 2655



SINGING LESSONS

Are you interested in developing your voice to its fullest for the upcoming Eisteddfod? Singing is a skill that needs to be refined, much like dancing or any sport. The best part; it is also great fun.

Contact me, Pauline, for more information on this incredible learning opportunity. I look forward to working with you.

WhatsApp Pauline Hardcastle, a qualified vocal coach, on 084 718 9060 or email at This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

ALGEMEEN

DRIE MAANDE KENNISGEWINGS TYDPERK
Alle ouers moet 3 maande kennis gee indien die leerder die skool verlaat. Ek het ‘n oopdeurbeleid en vra dat ouers asseblief met my ‘n afspraak maak voor julle formeel kennis gee.



COVID-19-VEILIGHEID: VERMINDER DIE RISIKO VAN SUPERVERSPREIDER-GELEENTHEDE
Ons is in die middel van die tweede golf van Covid19. Daar is 'n nuwe stam van die virus wat meer ernstig is. Ons, as die Longacres Privaatskool,vra dat elke huishouding asseblief aan al die vereistes sal voldoen wat die regering ingestel het.

Elke persoon moet 'n masker (wat die neus en mond bedek) in openbare ruimtes dra.

Elke persoon moet 'n afstand van minstens 1,5 m tussen mekaar hou. Ontsmet u hande gereeld so ook as u elke keer 'n gebou of kamer verlaat of binnegaan.

As 'n leerder of enige lid in die huishouding sleg voel, mag hulle nie skool toe kom nie.

AS U KIND VAN DIE VOLGENDE SIMPTOME HET, MOET HULLE TUIS BLY.

  • HOES
  • SEER KEEL
  • KOORS
  • HOOFPYN
  • KONTAK MET ENIGE PERSOON WAT IN DIE LAASTE 7 DAE SIMPTOME GEHAD HET


INDIEN ENIGE PERSOON WAT GETOETS IS OF KONTAK GEHAD HET MET IEMAND WAT GETOETS IS, WORD DIE PERSOON NIE BY DIE SKOOL TOEGELAAT NIE. MOET ASB NIE U KIND SKOOL TOE STUUR AS ENIGE IEMAND IN U HUISHOUDING ENIGE VAN DIE BOGENOEMDE SIMPTOME HET NIE.

Indien jy of enige van jou gesinslede siek voel, skakel asseblief die Provinsiale Coronavirus-blitslyn 080 928 4102 (tolvry) of kontak die Nasionale blitslyn deur 'n WhatsApp-boodskap na 0600 123 456 te stuur.

Besoek ook die onderstaande webblad vir COVID-19-hulpbronne in Engels, isiXhosa en Afrikaans
https://coronavirus.westerncape.gov.za/resources

If you would like to arrange a visit to Longacres Private School, that we can answer any questions you may have, please contact us.

Contact Us Now

Kontak Ons | Contact Us

Posbus 306
Loopstraat 47
Longacres
Langebaan, 7357

P.O. Box 306
47 Loop Street
Longacres
Langebaan, 7357

Facebook

Instagram

Longacres Private School Langebaan YouTube channel

covid 19